Markverslag

27 Feb 2024

‘n Nuwe jaar met ongekende en opwindende vooruitsigte.

Ons hoor daagliks stukkies en brokkies nuus oor hoe ons sakemanne betrokke begin raak met sake en instellings wat hulle besigheids aktiwiteite raak.

Ons hoor daagliks dat hulle sonplase en turbines oprig wat krag lewer. Ons hoor ook van kragstasies wat hierdie jaar aanlyn sal kom. Ons hoor ook in die media van betrokkenheid by die herstel en herbou van die trein dienste en hawens.

Ons hoor van mense wat voorstok gekry word oor korrupsie en selfs die polisie is onder die vergrootglas.

Al hierdie goeie nuus is voorwaar goeie vooruitsigte vir ons beleggings omgewing en met rentekoersdalings in die nabye toekoms sal ons landsburgers weer finansieel kan asem haal. Nie eers die verkiesing kan en sal ‘n demper op hierdie aksies plaas nie.

Mooi dinge is oppad! 


© 2017 Johann Meyer Financial Adviser CC. An Authorised Financial Services Provider (FSP) 10648

Contact us
Office hours
  • Monday to Thursday: 08h00 - 13h00
  • Friday: 08h00 – 12h00
Location
  • Pretoria
    Wierde park
  • 0149